Elke jaar vier Sarah Lindeman Kersfees op ân spesiale manier. Dit is ân tyd wanneer sy onthou waar sy vandaan kom en wat sy vandag is, en hoe ân spesiale liedjie haar jare gelede ân tweede kans gegee het.
Maar vanjaar is anders. Vanjaar is daar ân desperate jong vrou wat luister, ân verpleegster wat by is wanneer Sarah die eerste van twaalf vergeelde versierings aan haar klein, plastiekboompie hang. Sarah kan die pyn in hierdie vrou se hart aanvoel en wil graag na haar uitreik. Haar hoop is dat haar verhaal ook hierdie vrou se lewe sal aanraak.
En daarom sing sy. Elke dag hang sy nog ân versiering aan die boom en herleef sy nog ân hoofstuk van haar verhaal â ân verhaal van ân liefde wat gegroei en gekwyn het, om uiteindelik sterker as ooit te blom. Sarah ken die hartseer wat verkeerde keuses meebring, maar sy weet ook dat God die slegste situasie kan omkeer â haar lewe is immers ân bewys daarvan.
Terwyl Sarah sing, bid sy dat haar nuwe vriendin die geheim van ware liefde sal ontdek. Maar sal sy haar boodskap kan oordra voordat dit te laat is?
