Kelly Allen woon in Portland, maar het haar hart verloor in Franklin waar sy vyf jaar gelede die man agtergelaat het wat sy nog nooit kon vergeet nie. Na ân aantal jare weg, woon Kade Henderson nou weer in Franklin. Hier herleef hy die verlede in ân klein boekwinkel, Die Brug, en onthou hy die baie ure wat hy en Kelly daar deurgebring het. Kade en Kelly se gunstelingboekwinkel is egter in die moeilikheid. Vir 30 jaar het Jerry en Donna Barton Die Brug bestuur, maar in Mei het die honderd-jaar vloed deur die winkel gestroom en bykans elke winkel op die dorp verwoes. Moedeloos en sonder antwoorde ry Jerry deur ân sneeustorm met die idee om sy eie lewe te neem. Maar voor hy ân besluit kan neem, verloor hy beheer van die motor en tref sy motor ân paal. Skielik, in die aansig van tragedie, begin wonderwerke plaasvind. Karen Kingsbury lewer ân klassieke, hartroerende verhaal oor die honderd-jaar vloed, verlore liefde en die kosbaarheid van vriendskap.
Die Brug
R68.00
Availability: In stock
