OM TUIS TE KOM is ân roman oor oorwinning en verlies, oor geloof en ewige liefde.
Die Baxter-familie maak reg vir ân langverwagte familie-reĂŒnie, maar voor die dag aanbreek, gebeur die ondenkbare en dreig om ân donker wolk oor hulle te gooi. Wanneer hulle saam is in hul uur van nood bring persoonlike herinneringe hoop en genesing in donker ure van wag en bid.
Dis ân uitdagende tyd vir hulle elkeen, maar dis familieliefde wat die hartseer oorkom terwyl die Baxters nader aan God en mekaar kom.
OM TUIS TE KOM is ân verhaal van liefde vir mekaar en geloof in God se belofte van die ewigheid.
