Uitgeboul deur liefde – Marí Roberts: Haar vernedering het Nicolette binne een aand in ‘n tierwyfie verander, danksy Lukas Jameson, Suid-Afrikase krieketkaptein, wat meisies deesdae wéreldwyd laat swymel. Hoe kan sy vergeet hy het haar amper in matriek geknak?
Vir geld of liefde – Arien Lubbe: Om haar aandele in die familie-onderneming te verseker, moet Anza met Liam de Ridder trou. Vyf jaar moet hulle getroud bly, maar sy sal die lewe vir hom so moeilik moontlik maak… Hy het ook vir geld getrou.
Die nuwe Amelia – Bep du Toit: Amelia was tevrede met haar mank voet. Maar Henning Pelser, die bergklimmer en ‘n ortopedis met sy goudvis, kom versteur haar vrede. Skielik moet sy besluite neem waarvoor sy nie kans sien nie.
Uitgeboul deur die liefde
By Mari Roberts
R42.00
Availability: In stock
