Tot Annabel se verbasing hoor sy by Jack haar dogtertjie het ‘n nagklub in New York by ‘n pa geërf wat sy nooit geken het nie. As voorwaarde moet hulle twee egter ‘n tydperk in New York gaan woon. Ondanks Annabel se besluit om nooit te trou nie, krap die aantreklike en sjarmante Jack al haar voornemens deurmekaar, al weet sy hy gaan haar niks meer as sy liggaam bied nie. Hulle word egter toegespin in ‘n web van emosies waaroor hulle geen beheer het nie, al veg albei hoe hard daarteen. Is dit wat tussen hulle is, regtig bloot fisiek of het Kupido se pyle die teiken met dodelike akkuraatheid getref?
Liefde vir n ridder
R22.00
Availability: In stock
