buy for +R500 and get your delivery free

071 891 3539 / 083 370 5035

3 Van Die Bestes

R68.00

Availability: In stock

Book Information

Pages: 383

Type: Used

Condition: Very Good

Language: Afrikaans

Format: Paperback

Vonkeljaar Se Kind deur Helene de Kock
Die storie van Heldervlei, ‘n wynlandgoed in die Kaap, en sy mense: die wynmakerbroers, Johannes en Hermanus, die mooie Dalene wat aan die een broer beloof is, die fraaie dokter Juliana wat gou soos een van die gesin word, en van harte wat nie vir hulle laat voorskryf nie. ‘n Soete verhaal wat ver in die verlede begin met ‘n baba wat een nag op Heldervlei gebore word en kort daarna ver-dwyn, maar hedendaags is soos vandag. ‘n Boeiend-romantiese verhaal soos net Helene de Kock dit kan skryf.

Diepwater deur Jeanette Ferreira

Robin gaan bestudeer rotstekeninge op Emil de Villiers se plaas, en daar ontstaan ‘n sonderlinge vriendskap tussen hulle waar hulle aand na aand kuier om die kampvuur voor die jagtershut waar sy bly, waar hulle diep prate praat oor alles en almal behalwe hulself. Want in haar verlede is Louis, Emil se vennoot in sy veeartsenypraktyk; in syne is daar ‘n vrou oor wie hy nie praat nie. Jeanette Ferreira se liefdesverhale smeul onder die oppervlak, hou die leser gevange tot by die laaste woord.

Kanteldag Van Die Hart deur Christine le Roux
‘n Besoek aan die tandarts verander Francois se rustige alleenloperlewe soos handomkeer, want hy ontmoet die tandarts se suster, die borrelende Tessa. Tessa maak deur ‘n agentskap afsprake met vreemde mans omdat sy besig is om navorsing te doen vir ‘n storie, en aangesien sy nie durf waag om haar jaloerse kêrel daarvan te vertel nie, word Francois betrek as klankbord en getroue hoeder. Hy wil graag meer wees, maar daar is Dawid, en hy is in sy eie oë so onopwindend. ‘n Heerlik humoristiese liefdesverhaal met heelwat kinkels uit die vaardige pen van Christine le Roux.

Books By The Same Author:

Scroll to Top

contact us