Josie vlug Zanzibar toe om haar kop skoon te kry, nadat sy uitgevind het Chris, haar trouman, het haar verkul. Op die verlate Prison-eiland gaan soek sy antwoorde by God, maar dis al asof Hy nie vir haar luister nie. Haar pad kruis netdie van Joubert van Eeden en terwyl hulle saam terugloop op die spore van Livingstone en die slawehandelaars, raak hulle goeie vriende. Maar dis steeds die herinneringe aan Chris wat by Josie bly spook. En dit lyk nie asof hy gaan toelaat dat sy van hom vergeet nie. Hy wil haar op Zanzibar kom haal sodat hulle hul verhouding kan herstel. Maar die vraag is: kan sy hom ooit weer vertrou?
Gawe van die liefde
R22.00
Availability: In stock
