buy for +R500 and get your delivery free

071 891 3539 / 083 370 5035

Vrediger

R68.00

Availability: In stock

Book Information

Pages: 300

Type: Used

Condition: Very Good

Language: Afrikaans

Format: paperback

Description

Misdaadfiksie sonder ‘n speurder as hoofkarakter, verrassende wendinge en oortuigende ontknopings maak van Vrediger ‘n boek wat ‘n mens sterk kan aanbeveel.

‘n Prokureur met ‘n permanente en erg pynlike besering wat hom aan bande lê is die hoofkarakter wat in sy rol as wetstoepasser gedwing word deur ‘n korrupte en vyandiggesinde polisiemag op ‘n klein dorpie in KwaZulu-Natal.

Willem Maarschalk is die prokureur en sy belangrikste kliënt is die skatryk suikerboer Johannes Kleinveldt, wie se swart bure sy drade knip, plaaswerkers opstook en sy grond wil eis. Sommer op bladsy 1 word ‘n tienderjarige swart plaasmeisie verkrag en vermoor – ‘n misdaad wat die polisiemag toeskryf aan Kleinveldt se vertraagde boemelaarbroer.

Wanneer Kleinveldt self vermoor en sy vrou verkrag word, word Maarschalk gedwing om ook nadoods na sy kliënt se behoeftes om te sien.

Hierdie gebeure dek die tafel vir ‘n puik ontrafeling van ‘n baie komplekse gegewe. En as jy ‘n leser is wat stuk-stuk aan ‘n boek lees, gaan jy hier teen die middel van die storie jou slaaptyd met minstens ‘n uur of twee aanskuif – wat natuurlik ‘n goeie getuigskrif vir enige boek is. Dis wanneer Vrediger se boeiende raaisels teen ‘n vinnige en verrassende tempo begin ontknoop. Maar dis ook nie waar dit eindig nie …

Vrediger is ‘n moeilike boek om te resenseer sonder dat jy die storie vir die leser bederf. Dis ‘n geval van hoe minder, hoe beter! Tussendeur bied die skrywer – ‘n aanklaer van beroep – ‘n ingeligte blik op ons regstelsel en die politieke draad wat deel daarvan is.

Breytenbach se eerste boek, Saliger, is ‘n goeie debuutboek, maar Vrediger is net soveel beter. Sy het vinnig geleer – ook om haar lesers op oortuigende dwaalspore te lei – en met Vrediger skep sy groot verwagtinge vir ‘n baie belowende loopbaan as skrywer van misdaadfiksie.

Books By The Same Author:

Scroll to Top

contact us