Anja Rodenbach is n suksesvolle eiendomsagent. Op die aand wat sy verwag dat Jurg Krynauw haar gaan vra om vas uit te gaan, bied haar aanstaande skoonpa haar n reuse bedrag aan om uit sy seun se lewe uit te bly. Anja is verward en kwaad, maar besluit dat dit haar nie gaan onderkry nie. Dan ontmoet sy egter vir Ludolff, Jurg se stiefbroer. Hy maak gevoelens in haar wakker wat sy moet onderdruk, want sy het haarself belowe dat sy niks meer te doen wil hĂȘ met die snobistiese Krynauws nie. Om alles erger te maak, vind sy uit dat haar verlede op leuens gebaseer is….
