Vir aantreklike mans en wyn is Annanie Mynhardt ewe versigtig hulle het albei ‘n bedwelmende uitwerking op haar. Dit het sy op die harde manier geleer.Teen die imponerende Benno Kannemeyer en sy dogtertjie het sy geen verweer nodig nie, reken sy. Hy treur buitendien nog oor sy oorlede vrou. As nuut aangestelde entomoloog by landbounavorsingsinstituut ondersoek sy ‘n dreigende plaag in sy mango boord en leer hom goed ken. Toe haar verlede haar inhaal en dreig om haar te ontwortel, stel hy voor hulle trou. Dit klink aanloklik, maar haar hart is betrokke en syne nie. En erger: wat as hy agterkom watse soort vrou sy werklik is?
‘n Ma vir Frieke
By Bets Smith
R22.00
Availability: In stock
