N LEWE SONDER BEPERKINGS İs n inspirerende boek geskryf deur ‘n buitengewone man. Nick Vujicic is sonder arms en bene gebore, maar hy het sy omstandighede oorwin deur nie net onafhanklik van ander mense te leef nie, maar ook deur vir hom ‘n ryk, vervullende lewe te skep en ‘n rolmodel te wees vir almal wat ware geluk soek. Hy is nou ‘n suksesvolle motiveringspreker wat groot skares mense in Asië, Noord- en Suid-Amerika, Afrika en Europa lok. Nick vertel in hierdie boek die verhaal van sy liggaamlike gestremdheid en die emosionele stryd wat hy moes deurmaak om as kind, adolessent en jong volwassene sy omstandighede te verwerk. “Ek het baie, baie lank gewonder of daar nog iemand soos ek op hierdie aarde is, en of daar enige sin in my lewe is, buiten die pyn en vernedering,” sê hy. Hy deel met sy lesers hoe sy geloof in God sy belangrikste bron van krag geword het. Nick sê dat hy, toe hy eers sy lewensdocl gevind het – om ander mense aan te moedig om hulle lewe te verbeter en die wereld ‘n beter plek te maak – ook die selfvertroue gevind het om ‘n vervullende en produktiewe lewe te geniet, ten spyte daarvan dat hy nie arms en bene het nie.
Nick bied praktiese raad oor hoe jy ‘n lewe van vervulling en geluk kan opbou deur aan ander mense te bewys jy is betroubaar, deur ondersteunend verhoudings te bou en só krag vir jou lewensreis te kry.
N’ Lewe Sonder Beperkings
By Nick Vujicic
R48.00
Availability: In stock
