Katryn keer terug na haar deli in Knysna en loop sowaar weer die verdomde Wian daar raak. Al probeer sy haar bes om hom te vermy moef sy noodgedwonge n paar aande by hom oornag. Hoewel hulle mekaar onbehoorlik passievol soen, wil Katryn geen man in haar lewe foelaat nie. Die term groot liefde” is vir haar ‘n vioekwoord en sy het mos haar les geleer. Te midde van haar plesierige peetma se gekonkel, haar kat se penarie en stomende liefdesessies met Wian besef sy sy het die mansmens sowaar onherroeplik liefgekry. Op sy beurt weet Wian Katryn is sy enigste groot liefde, maar sal sy te vinde wees vir sy toekomsplanne?
My groot liefde
R22.00
Availability: In stock
