Sedert die dag toe die maan deur ‘n asteroïde getref is, weet almal dat dit onafwendbaar is: dis die begin van die einde. Maar niemand weet presies wanneer die wêreld gaan eindig nie. Afgesien van Elias Winter en sy gemeente wat in poeierblou klede by die meer bymekaarkom en wag op tekens van die eindtyd, twee jongmense wat hals-oor-kop wil trou, en die heldersiende veertienjarige Hennie wat snags rondloop, gaan die lewe op Dennehoop eintlik ongesteurd voort.
Maar dan verdwyn Stegman, die opdringerige makelaar wat alewig versekering aan almal probeer verkwansel, spoorloos. En terwyl Kaptein Emma Rosely die gerugte oor ‘n reeksmoordenaar probeer aanspreek, kom sy agter dat die inwoners van Dennehoop ‘n klomp geheime vir mekaar wegsteek.
