Eers lê hy by die dogter aan. Toe kuier hy by die ma. En Hannah moet keer vir die skindertonge op die dorp. Ook baar gevoelens in toom hou. Want skielik, na veertien jaar dat sy alleen boer en hard aan haar selfstandighed gewerk het, voel sy haar lewe is leeg. Besef sy sy het’s man nodig.
Nee, sy het Martin Erlank nodig. Al jaag sy hom keer op keer by die grensdraad weg waar by takies vir haar doen. Toe hoor sy van die dam. En die testament. En sy weet – hy was slim, baie slim. En sy was bitter dom om in sy strik te trap.
