Paspoort na gevaar
Die vurige Nicolette de Lille vlug na die Kaap van die Goeie Hoop, want sy sien nie kans om met ‘n Franse laventelhaan te trou nie. Maar ‘n soortgelyke dilemme wag hier op haar.
‘n Bruidegom vir Lille
Haar tante se testament stel vir Lille Jacquard voor ‘n ultimatum – trou sy nie met die onbekende Philippe Bidault erens aan die Kaapse Oosgrens nie, verbeur sy haar erfporsie.
Martelmars van die noodlot
Conchita Domecq, vasgekeer in ‘n ongelukkige huwelik met die middeljarige, liefdelose Vasco, vind ‘n geesgenoot in die blonde matroos Francisco Vaz D’Almada maar Vasco sal haar nooit aan ‘n ander man afstaan nie.
