In ‘n Vreemde fees onthaal Kristel Loots jou met Jacky as promotor ‘n meisie met ‘n missie wat nie misverstande wil hê wat na mislukkings kan lei nie.
In Ver pad na vrede gryp Aletta Reitz jou met die eteries verbeeldingryke Annali, wie se aardse geluk uiteindelik soeter is as dié van die prinsesse in haar fantasieverhale.
En in Herinneringe in amber verlei Ilse Steyn jou met die waarheid oor Lienka wat ‘n internasionale sokkerster uit die tronk uit, deur Praag, tot in sy eie hartkring lei.
