Annelle stel paartjies deur haar maatsoek agentskap aan mekaar voor met die doel dat hulle hul droommaats sal ontmoet. Self staan sy voor ‘n kruispad omdat haar verioofde in die gevangenis is en sy nie meer weet wat sy vir hom voel nie. Dan gebeur die ondenkbare- sy raak verlief op een van haar kliënte, die dinamiese en uiters sexy Christiaan. Hy stel ook nie meer belang in die meisies wat die agentskap aan hom voorgestel het nie, net in Annelle. n Verhouding tussen hulle is egter ontoelaatbaar. Hulle sal moet sterk wees en professioneel teenoor mekaar optree. Maar laat die liefde hom deur kontrakte en bedrieērs van stryk bring?
Die Paartjieknoper
By Ida Bester
R22.00
Availability: In stock
