Legende van die liefde
Lori se verloofde, Renier, is die soort man wat gewoond is aan vakansies in vyfsterhotelle en eksklusiewe speelplekke vir die rykes. Lori eintlik ook, maar alles in haar smag ook na avontuur. Dis die dat sy voorgestel het hulle raak verloof op ‘n huisboot op die Karibadam. Dis tog romanties en eksklusief. Maar gou besef sy: Afrika se ritme en Renier se persoonlikheid bots hewig. En sy staan stoksielalleen in die middel – tot die enigmatiese Fletch hom oor haar ontferm…
Liefde in laventel
Haylie Tredoux besluit op die ingewing van die oomblik om te verhuis na Rusfontein, ñ dorpie in die Klein Karoo. Miskien sal sy hier, ver wag van haar hartseer in die stad, uiteindelik weer rus en vrede kan vind.
Maar die plattelanders is nie aldag ten gunste van haar stadsjapie-maniere nie, en veral nie van haar kennis van alternatiewe geneesmiddels nie. Hoekom het sy ooit gedink Callie Calitz sou haar ooit ondersteun? Hy is miskien die enigste laventelboer in die distrik, maar van kruiekure weet hy min. En sy vermoed dat van liefde weet hy nog minder…
Oerdans van die liefde
Sam Adendorff is dronkgeslaan toe sy die wildvreemde man in haar hangmat sien lê. Hoe op aarde het hy haar afgeleë kampplek diep in die bosse van Venda uitgesnuffel?
Die enigste oplossing is om so gou as moontlik van die mansmens ontslae te raak – voor hy te veel oor haar geheime navorsing uitvra. Maar dan word die besluit uit haar hande geneem: Tito, haar gids en wyse regterhand, dring da…
