buy for +R500 and get your delivery free

071 891 3539 / 083 370 5035

Lea

R58.00

Availability: In stock

Book Information

Pages: 202

Type: Used

Condition: excellent

Language: Afrikaans

Format: paperback

Ken jy vir Lea? Lea wat nie mooi was nie. Lea wat eers nie ‘n man kon kry nie, en toe sy wel trou, was dit die begin van ‘n lewe van wedywering met haar suster en ‘n gebedel vir haar man se aandag. Stel jouself die volgende voor: Jou pa laat jou met jou jonger suster se verloofde trou sodat hy nog ‘n bietjie wins uit die kerel kan maak. Jou pa laat dan ook jou suster met dieselfde man trou, en so bevind jy jou in ‘n bigamistiese huwelik.

Jy is nie jou man se eerste keuse nie, trouens, jy is glad nie sy keuse nie, al gee jy vir hom ses seuns. Dit is die posisie waarin Lea haar bevind het. Die skrywer neem die bybelse gegewe en weef daarvan ‘n tapisserie van ‘n vrou se lewe. Lea moet saam met haar gesin die trekpad aandurf en ‘n nuwe bestaan in ’n vreemde land gaan uitkerf. Sy sien hoe haar kinders hulle eie pad begin loop en beleef die hartverskeurende ramp wat haar dogter tref. Tog, te midde van alles, het Lea geleer wat vroue vandag nog kan leer – wat dit beteken om by jou man te staan – en hom te behou. Sy het die waarheid wat ook vir moderne vroue geld, ontdek: wat dit beteken om God se eerste keuse te wees.

Books By The Same Author:

Scroll to Top

contact us