buy for +R500 and get your delivery free

071 891 3539 / 083 370 5035

Vuur op die horison

R80.00

Availability: In stock

Book Information

Pages: 930

Type: Used

Condition: excellent

Language: Afrikaans

Format: paperback

Vuur op die horison is ’n meesleurende roman wat strek van 1846 tot 1903, met die Anglo-Boereoorlog as brandpunt. Generasies en kontinente word die leser word meegevoer na o.m. die Suid-Afrikaanse goud- en diamantvelde, Victoriaanse Engeland, Matabeleland, Portugal, die eilande van Indië en selfs die barre vlaktes van Argentinië.

Nog meer onvergeetlik as die drama en verskrikking van oorlog is die krakters wat Engela van Rooyen geskep het – mense wie se lewensloop die leser aangryp en enduit betrek, filmiese karakters soos die aartsaantreklike Frans Viljoen uit die vooraanstaande Viljoens van Grootverlangen; Gerrie die onverskrokke Boeremeisie; Michael Dalmain, adellike Britse erfgenaam wat op verskroeide aarde leer liefhê; wispelturige Memorie met haar houvas op mans; wyse, toegewyde Mmeme; onbeholpe Ingenaas, wie se omgee vir sy “liefkentjies” alles oorheers.

Vuur op die horison is bo alles aangrypend in sy uitbeelding van universele menslikheid wat tot die uiterste beproef word.

Books By The Same Author:

Scroll to Top

contact us