Toe Carla se tweede bankkaart by die salon ook nie werk toe sy wil betaal nie, weet sy haar pa het sy dreigemente uitgevoer. Al haar bankrekeninge en kaarte is gevries.
Vanweë die leë lewe wat sy lei en die gevaarlike pad waarop sy haar bevind, verban haar pa haar vir een jaar na die plaas Salem teen die Weskus. Daar sal sy haar brood en botter op die harde manier moet verdien. En dit onder Adam se toesig …
Adam Stander. Die dodelik aantreklike man wat dit baie duidelik maak dat hy nie tyd vir verveelde rykes het nie.
Salem is nie net ’n plaas nie, dit is ook ’n hawe vir mense wat geen ander heenkome het nie, en Carla leer wat dit is om onvoorwaardelik te gee, sonder om iets in ruil te ontvang.
Adam gee haar ook ’n reusegeskenk, maar dan dryf die skone Stella ’n wig tussen hom en Carla in en sy vlug terug na Johannesburg.
Blou diamant vir n ysprinses
R22.00
Availability: In stock
