Mieke se vakansie in Suid-Afrika saam met haar kêrel Gijs veroorsaak meer vrae as antwoorde toe sy haar ou geliefde, Migal, weer raakloop. Dis immers hy wat haar drie jaar gelede disnis gesoen, maar toe sy rug op haar gedraai het.
Hoe kan sy saam met Gijs Nederland toe gaan en hulle daar ’n toekoms saam begin as haar hart steeds na Migal smag?
Haar lojaliteit lê egter by Gijs wat haar gehelp het om ná Migal weer heel te word. Hoe moet sy egter die brief wat Migal se pa vir haar gegee het, interpreteer? Is dit ’n bevestiging van haar besluite of ’n riglyn vir ’n droomtoekoms saam met die man van haar drome?
