Nichole Daniels se hart is reeds keer op keer gebreek. Twee verbreekte verlowings en ’n enkelbed kan dit staaf. Maar sy oorweeg om ’n einde te maak aan drie droë jare toe ’n blouoogvreemdeling haar ’n smakie bied van jare se nagtelike fantasieë!
Garrett Carter se reputasie as ’n vroueliefhebber . . .? Absoluut in die kol.
’n Gevaar vir haar gesondheid . . .? Ongetwyfeld.
Die man vir haar . . .? Volstrek nie!
Nichole is hoegenaamd nie van plan om betrokke te raak by ’n man wat bekend daarvoor is dat hy bykans enige vrou kan ompraat om saam met hom bed toe te gaan nie! Maar iets sê vir haar een nag saam met Garrett sal nooit genoeg wees nie . . .
Een maal is nooit genoeg
R38.00
Availability: In stock
